Rittelfees 2009 ! Saterdag

2009 November 2

So het ek Saterdag, 31 Oktober, gaan rittel.

Parkering altyd die teef wat sy is, was ek van plan om sommer by die lab te parkeer – was toe nie nodig nie – het plek gekry by begrafplaas se ingang. Heel naby vir ons standaarde.

Maar die tou by die ingang het nogal ‘n demper op die oggend gesit. Ons val toe maar in en probeer Amelia entertain in die oggend son. Die oke ageter ons se woorde was net koud (Iets in die lyn van hoe kinders by die fees jou inhibeer ). Sal ‘n fees official met hand vol Rittel ingang armbandjies nie verbygestap kom nie en ons kaartjies skeur, armband gee en usher tot heel voor in die tou. Kinders het hul perks. Nee, sy is nie te huur nie.

Hierdie Rittel was baie anders vir my. Die keer het ons ‘n klein mensie wat die show steel. Ek kan rêrig nie vir jou sê wie by watter tent gesing het nie. Bygesê, as die kunstenaar nie onlangs op Noot vir Noot was nie, sou ek hulle in anyway nie herken het nie. Maar ek het ‘n decent ripoff van Parlotones se weergawe van Lisa se Klavier gehoor; jy lees reg – ‘n cover van ‘n cover.

4 tipes stalletjies groet ons: Hoed-sonbril-blinkgoed, kudu in al sy fassette (vleis, vel, op ‘n stokkie), Speelgoed tente ewe gedoop ‘Goeters’, en peperduur silwer juwele. Smaak self nogal die roos ringe – maar ek her nie R500 daarvoor gehad nie; het my geld belê in rooi glasies met bruin vloeistof. Groot lokaas was die reget-egte tattoo’s en tydelikes ook. Paar mense mense pleisters sien rondloop. Hoop maar hulle is nie vandag spyt nie.

En moet nie van die kos vergeet nie. Daars was selfs kerrie afval te koop. Ek het die humor van die askoek/roosterkoek/roosterbrood stalletjie se pryslys wardeer – Koekie wat met sy gat in botter geval het.Onvergeetbare chip dog was weer daar. Dis ‘n kaas russian op’n stokkie met ringe aartappel rondom. My hart klop cholesterol. Maar die Slingshot het my ‘n bietjie cardio gegee, en ek het dit nie eens gery nie. Dis ‘n tralie bal wat met bungee rekke die lug in geslinger word, tol soos ‘n woer-woer tussen twee stellasie-torings; terwyl die insittendes probeer om nie hul R27 se dubbel vodka en lime ‘n refil te gee nie. Nee dankie, nie eens as jy my betaal sal ek daai ding probeer nie. Veral nie teen R100 ‘n shot nie.Eerlikwaar, ek was net by 2 tente deur die dag. Infamous Caslte tent waar ?Pieter Smit  gesing het op ‘n kol, en skadu loop soek by klip-ini-bos. Eers gedink dit is rookmasjiene wat helder oor Vredendal-nog-nie-eens-somer-37-grade-dag ingespan word. Ek was lanklaas so bly om verkeerd te wees. Viva ingenieurswese. Neem een tamaai waaier, dun konkel pyp, handvol fyn nozzles en water onder hoë druk; daai fyn water sproei het die ergste sonsteek lat klippe kou. 

 

Teen hierdie tyd is Amelia al lekker knorrig, wil niks weet van eet nie, ogies traan van hooikoors, en vervlakste klein vlieg-muggies sit in haar hare en snot vas. Sy pass toe uit in haar pram vir so ‘n half uur of wat.

Nog so bietjie rondgeloop en die rides bekyk – aansienlik minder as vorige jare. Het darem gehelp om ‘n seuntjie se hoed terug te kry wat op die wurm-coaster afgewaai het. Gegiggel vir die drie girls wat op ‘n kots-koets wag vir nog mens om op te klim – minimum van 4 om ride te begin. Daar was meer nigeriese sonbril stalletjies as rides

 Ons glip toe weg huis toe want klein ding was glad nie lekker nie. Met die instap groet heerlike koel lug ons; het gordyne toegehou. En toe is Amelia sommer haar ou self. Dink die hitte en mense was net bietjie te veel vir haar. Maar dis nog steeds snik warm buite en die swembad lok. Basta met die bure, ons trek ons cozzies aan, blaas Amelia se nuwe swembadjie op en sit solank bier in die yskas. Jy het nie geRittel as jy nie in ‘n opblaas swenbad jou dop gedrink het nie >_< 

Vat toe gou ‘n middag slapie. Teen 5uur toe jik my litte vir rittel, maar Henk en Amelia slaap ‘n hond uit ‘n bos uit. Glip toe maar saggies uit en gaan soek parkering met ‘n leë baby-seat op die agtersitplek. Twee keer om die blok en ek kry ‘n plekkie by Sentek. Met die stap op trek ‘n Citi uit ‘n prima spot 3 karre van die ingang af uit. Ek kon net kopskut. 

Reguit klip toe vir 2 dubbelle brandy en coke (1 sonder ys) om my company te hou terwyl ek wag vir wanneer Henk wakker word en besef sy vrou is vermis. Vriendelike tannie wat 19 ure gery het na ‘n suip fees toe (haar eie woorde) gee toe vir my haar stoele. ‘n By probeer tussen my en my rooi glasie kom terwyl  Liani May op die verhoog haar hare swaai.   

Teen die tyd het Henk my opgespoor, babysitter het by huis opgedaag en ek probeer vir Henk verduidelik waar ek sit. Tot omtrent 8uur daai aand het ek my tyd gemors in rye. By die kroeg kroëe, die dames badkamer, die spur stalletjie; maar my langste wag was om vir Henk koffie te koop. 2 koffie masjiene en 1 dametjie wat bedien. Tydmors in sy hoogste graad. 

Rittelfees het sy eie load-shed ingestel – Nadine het nog lekker haar oë toegemaak om te soen (wonder hoeveel ouer die girl is vir wie haar lover ogies maak – sy sing nou al lank daai song) toe het hoofverhoog nie meer krag nie. Klank weg, skerms swart. Darem niks te ernstig wat die tegniese span nie kon regmaak nie. Maar selfs dit kon nie vir Nadine keer om Namakwa boks wyn (‘n groot borg) sleg te sê nie, en haar eie generiese bottle rooi en wit – met haar NAAM op – te smous nie. 

Gepraat van gratis advertensie, Arno Jordaan het sy mini-pilot van Wilder as Wild vir ons gewys. Hy en Kurt Darren het glo sonder hokke tussen haaie gaan duik, iewers langs die oos kus. Nou ek is nie ‘n haai kenner nie, maar ek het nog nie gehoor van tiger sharks of raggies wat mense aanval nie, maar dit was glo die haaie wat die mal spul met vis gelok het en toe tussen ge-skuba het. Ewe met hartmonitor horlosies aan om te kyk wie die bangste was. Kurt se top hartklop spoed was 111, Arno s’n 136. Ek dink hulle moes eerder gekyk het wie trek sy wetsuit die stadigste uit. Ek sien baie kandidate vir die Darwin award met hierdie reeks.

Tussen die hitte deur was daar nou en dan ‘n lekker wind, danksy die helikopter wat mense op vlugtige trips geneem het. R250 per persoon, 4 mense ‘n trip, elke 7 minute. Iemand het sy somme mooi gemaak. Maar toe trek dit ‘n UFO stunt en hover oor die VIP tent. Henk sweer hy het iets uit die oop venster sien val. Toe ons weer sien, val borg T-hemde uit die lug. Tannies word uit die pad uit getackle, skare-vesperrings word deurgekruip, en drank word gestort in pogings om gesogte T-hemde te bekom. Ek het al te veel disaster movies gekyk om te weet dit sal nie goed eindig nie. ‘n Helikopter is nie veronderstel om te sirkel oor ‘n paar duisend skare rittel mense nie! Paranoia het my niks in die sak gebring  nie en die kopter het veilig geland. 

Maar die dag hou toe tog ‘n verrassing in – blast from the past – vriendin Ellen loop my raak, al die pad van Kaapstad af. Girl het VIP ticket gehad. Teen 10 uur sê Henk koebaai, maar ek moet hom bel as ek nie kans sien om self huis toe te ry nie. In my rittel toestand en dringende nood, sms ek vir Ellen vir geselskap terwyl Juanita op die verhoog spring. 

 

Ellen wil met alle oortuiging my in die VIP tent insmokkel. Ons bekyk toe die verskil tussen ons bandjies. Myne is blou, hare is silver. Maar my bandjie se onderkant is ook silver. Na oorweging oor wat die ergste straf is wat ons kan kry (behalwe die verleentheid om uitgesmyt te word) besluit ons dat die korter rye vir die toilet dit die moeite werd maak. Ek draai my bandjie om, stoot dit styf teen my voorarm op en versteek die los lelletjie dat niks blou my kan verklap nie. Giggel-giggel strompel ons verby rent-a-cop en waai ons silver bandjie arms. Ons is in – sorted! 

Ek was so naby die stage, ek kon Juanita se sweet op haar voorkop sien. Ek kon die speke op die vuka op die stage tel (as ek wou), ek kon Kurt se handtekening vra, maar ek het nie. 

Na Kurt se Kaptein encore het ek besluit dis nou huis toe se tyd. Die paarties gaan nog aan in die ander tente en Attie se gat, maar ek het ‘n alarmpie wat net na 6 haar mamma se volle aandag gaan wil hê – Henk gaan alweer bike ry iewers heen met iemand of iets. Oppad kar toe het ek eers met die maan bevange geraak,  en my obligatory 2 uur die oggend tipsy oproep gemaak – dankie tog na Ellen wat nog op die terrein was. Saam het ons ge-ooh en ge-aah na die kring om die maan. 

Was dit nie vir daai sluit knoppie om my kar sleutels nie, sou ek nooit my kar gekry het nie. Dink ook ek het ‘n paar feesgangers nugter laat skrik toe my kar se flikkers eweskielig sein en hy bliep. Veilig en stadig huis toe gery, in die bed geklim, en moes amper my hand teen die muur sit.

 Sal  binne-kort foto’s deel.  

 

Lekker Rittel tot volgende jaar!! 

 

 

2 Responses leave one →
  1. 2009 November 2
    jeremy1 permalink

    I disagree with your comment on a cover of a cover, as per your “quote’ descent rip-off of Lisa se Klavier, jy lees reg – ‘n cover van ‘n cover “un-quote”. We are talking about a song written by one of the fathers of Afrikaans rock namely KOOS KOMBUIS. Every Afrikaans rock band since the 80’s has covered that song, as has the GIAN GROEN BAND whose version you were listening to. There version is way different to all of them including the PARLOTONES. The biggest been the lead instrument, as in the case with MR KOMBUIS AND THE PARLOTONES a piano and a guitar with GIAN.

    Kind Regards

    Jeremy

  2. 2009 November 2
    Tracy permalink

    Point taken, and I appreciate you disagreeing.
    Koos Kombuis’s is die kondensmelk in my tee, sien skakel na sy blad in die post self.

Leave a Reply

Note: You can use basic XHTML in your comments. Your email address will never be published.

Subscribe to this comment feed via RSS