Rittelfees 2009 – Pics!
Soos Belowe, hier is ‘n paar foto’s van my Rittelfees 2009 experience. Verskoon tog asseblief die swak kwaliteit – my Cybershot het finaal die gees gegee, en my LG chatterbox is nie bekend vir sy kie-kie neem vermoë nie.
Die Saterdag oggend pretdraf. Ek hoor die musiek buite en dink ’Hectic, Rittelfees begin vroeg vandag”. Meanwhile was dit ‘n paar die-hards wat om die blok draf. Eindstreep was by WesGemeente Kerk.
Oppad gronde toe. Relatief naby parkering gekry by die begrafplaas se ingang.
Deel van die gees wat in die dorpe heers. Orals staan tente, opblaas swembadjies, vuurtjie brand. Lekker man.
Die laaaang tou by die ingang. Kind in ‘n pram het toe sy voordeel. Net so 5 minute gewag toe kry ons ‘n pass na héél voor – bypass sommer ook security checks.
Dié ou het sy geld dubbel en dwars gemaak. Moes glo net die stêrre ingevlieg het, toe kry hy die brein-wave om rittel gangers ‘n trip te gee. Bygesê, dis wat die rumours sê. R250 per persoon, 4 op ‘n slag, elke 7 minute. Sy som is gemaak.
Die Slingshot! Bungee toue en jy tol soos ‘n woer-woer in die middel in ‘n bucket-seat met ‘n roll-cage – Nie eens al betaal jy my nie.
Skaduwee was maar skaars – en die tente was bedompig en warm. Hier sit ‘n man met sy seuntjie in die skadu van ‘n paal.
Behalwe die treffer hemde wat elke jaar rond pronk, was die Rittel bling hierdie jaar verspotte pruike. Sulke reënboog mohawks en vlegsels en krulle lokke.
Daai tannie se woeste kapsel raak nat in die water-mis van Klip-ini-bos. Beste idee ooit ouens!
Toe raak my poppie lekker moeg en haar ogies is rooi en sy moet aan die paal klou om regop te bly.
Te veel mense, sonskerm en musiek en ons sny ‘n lyn huis toe.
Reguit swemban toe. Tap hom vol pappie.
Amelia het haar nuwe cozzie aan. Gêk in die water.
Ek gooi terug Rittelfes toe en neem nie naastens so baie foto’s as wat ek gedink het nie. Die ene was nogal volop en het saam getou vir Spur burgers.
Chip dog! Slegte pic, en die vrou in die rolstoel voor my het gesê ek moet sê hierdie man met die bakkie afval kêrrie is ongeskik
Daar was selfss piek feetjies!
Dink dis Lianie May op die stage.
Hand blok bietjie die son. Hi-Tech mense.
Dit was Arno Jordaan, ek belowe.
En toe loop Ellen my raak! Lekker om jou op die platteland te sien vriendin!
VIP tent het bogroll in the toilette!
Hoofverhoog view vanaf VIP area
Juanita is daai groen-gelerige blur. En al wou sy nie, het sy toe vir Ska-rumba gesing! Ararioh
Ek kon die sweetdruppels op Kurt Darren se vvorkop sien – dis hoe naby ons was. Hy het nie eens Meisie-meisie gesing nie. Sorry ouerns, as daar ‘n song is wat jou op die map gesit het, sing dit vir die dronk spul – dis al woorde wat hulle ken
En so paar sparkles om jou te laat nies van die swawel.
Toe ek deur die maan betower is. Daar was ‘n kring om hom – al het die Amerikaners dit nou die dag probeer opblaas.
en as jy rertig wil weet how ek ingesmokkel is.


























RSS - Posts






