Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘chicken’

Ai, die Mollie darem. Dis nou ons ‘waghond’. Sy’s ‘n kort-been Jack Russel; ten minste, dis nou wat die teler gesê het. Veearts het gelag toe hy dit hoor.

Nouja, uit die bloute daag Rickus (Henk se neef ) en sy Ma op. Hy kom haal die elf kuikens wat hy vir ons moet groot maak. Die vorige lot het almal aan natuurlike oorsake omgekom; albeit ‘n uil, kraai, katte of Mollie. Van die nuwe spulletjie is daar net ses oor.
Vir ‘n slag werk die noodlot in my guns en het Haandrik-haan en kuikens solank by die stoep ingekom terwyl ek troon toe is. Maak nie saak waarvandaan ek kom nie; of ek gou by bure ingeloer het of twee ure op die pad was nie, as ek by die huis kom, roep natuur my.
Intussen klop neef aan en vra oor kuikens. Gryp toe sommer my ou draadloos se karton doos en prop kuikens in. Ons tel net vier. Waar is die ander twee heen… seker opgevreet deur ‘n ongedierte.

Ek sit solank bietjie boeretroos aan, plak die boks toe en maak lug gate. Hier hoor ek tjiep, tjiep-tjiep. Roep Rickus om kuiken te vang, maar Mollie wen. Sy was eerste daar toe sneuwel ‘n kiepie. Vet pakslae later hoor ek wéér tjiep-tjiep . Híérdie keer kry Rickus die kuiken gevang – boks toe.

Nou sit ounooi se honne by die hek en salk met bewysstuk A gevlek op haar poot – hoender bloed. Sies; stout hond.

Advertisements

Read Full Post »