Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Huisgenoot Namaqua Fees’

I’ve had a few queries regarding Rittel Fees 2010, and I’ve seen the trend in searches to this site. I would have posted this earlier, but I’ve had quite a few PC related problems these past few weeks. And since this is an Afrikaans music festival, I’m dropping the English for now.

Reg, die Rittel fees het sy gat gesien. Daar’s spekulasie dat geld verduister is, en ek bedoel honderde duisende rande. En die regulars sê ook dat vorige jare (dis nou voor 2008) beter was – wel natuurlik was dit beter, daar was meer groot name. Punt is, Huisgenoot,  Namaqua wyn en Matzikama munisipaliteit reël nou ‘n splinternuwe fees: die Huisgenoot Namaqua-fees.  Kyk net al daai name op die advertensie.

Juanita du Plessis, Nicholis Louw, Die Broers, Viljoen Retief, Karen Ferreira, Arno Jordaan, Willem Botha, Andriëtte Norman, Gerrie Pretorius, Elizma Theron en Izak Davel is net ’n paar van die kunstenaars wat feesgangers in vervoering sal hê. Hulle kan ook uitsien om die stemme van Nádine, Kurt Darren, Albert de Wet, Wynand Strydom, Chereé, Andries Vermeulen, Fredi Nest, Romanz, Jennifer Jones, Heinz Winckler en Ray Dylan te hoor op die Huisgenoot Namaqua Wines-aandverhoog.

Beter nog, kyk op hul webwerf. Jy kan die fees ook op Twitter volg.

Kaartjie pryse lyk ook heel billik:

Kaartjiepryse vir die fees is as volg:
Donderdag: R60
Vrydag: R95
Saterdag: R110
Kinders 6 jr.-17jr.: R50
Kinders o-6: GRATIS

Ongelukkig weet ek nie of die skole en kerke weer hul gronde gaan oopstel aan kampeerders nie. Seker hulle sal weer paar randjies wil maak {nugter aleen weet ek is ook al moeg vir blink gesiggies met lootjie vorms vir een of ander fondsinsameling. Maar gee gee ek, eendag is my eie klein blink gesiggie met deurmekaar haarjies wat jy nie met ‘n saal borsel kan kam nie wat moet rondvra vir ‘n los geldjie sodat die onnies skadu-net in die parkeer area kan hê.}

Ek gaan my bes probeer om ook daar te wees. By die fees. Kanse is goed dat ek op roep is, maar wil graag daar ‘n draai maak. Blink gesiggie laaik vir Baby Tjoklits, maar weet nie of Gerhard Steyn daar gaan wees nie. Hmmm, wat van Hugo?  Anders maak ek net die vernsters wyd oop.

Advertisements

Read Full Post »