Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘KFM’

Amper weer Rittel Fees! Hierdie jaar gaan ek gaan. Het verlede jaar geskiep want is toe nog seer en bomskok van nuwe mamma wees. Het klaar babysitter, sal vir haar bottel brandewyn koop – nee man, nie terwyl sy babysit nie, vir ná die tyd. Simpel.

Het klaar die goedkoop kaartjies by Shoprite gemis. Sal maar moet opdok en duurder gaan kry.

Met my geluk is ek nog op roep ook. As ek nie is, bewaar enige mêrrie se siel wat gaan probeer uitruil. Norrachance.

Plan van aksie is soos volg: Ek en Amelia (en Henk as hy nie werk nie) gaan chill lekker deur die dag en kyk die stalletjies en kuier rustig; stel kleintjie bietjie bloot aan musiek wat KFM nie speel nie. (Omtrent al wat ons hier kan opvang anyway). Dan terug huis toe, gou-gou kind bad, voer, bottel, slapies, babysitter, gooi terug fees toe.

Hoe klink daai vir jou?

Het probeer om Henk se arm te draai om ons spaarkamer uit te huur aan Rittel gangers: ‘n ouer paartjie, met gesonde gewoontes, sonder kinders (klink soos  hoekie vir eensames se top inskrywing). Hy wou nie byt nie. Nie eens vir gratis Rittel kaartjkies en bietjie sakgeld nie. Ek was selfs beried om vroeg oggend vir hulle koffie en brêkfis te gee. * sug * Sal maar wag tot ons ons eie huis klaar gebou het. Boeta, dan gaan ek coin uit hierdie fees. Mens kan mos in ‘n garage slaap of hoe?

Advertisements

Read Full Post »