Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘musiek’

As mens na al die advertensies kxk, sal jy sweer daar gaan net 2 tente wees: Huisgenoot stage en Castle tent. Toe nie.

Hoor ek vannaand met die tent daar in die hoek se inlyf dat Klip-inni-bos en Hunters ook tente gaan hê; met hul eie kunstenaars en programme.

En die VIP’s het nie aircon nie. Daai glo ek as ek dit sien. Weet Huisgenoot hoe die son kan bak op Vredendal?

En Russian op ‘n stok met spiral chip om gaan ook daar wees. Hoop net nie ek hoef weer 2 uur lank ve queue daarvoor nie.

Sien jou by die Rittel Huisgenoot Namaqua fees!

Advertisements

Read Full Post »

Soos Belowe in ‘n meer omvattednde post, hier is ‘n paar foto’s van my Rittelfees 2009 experience. Verskoon tog asseblief die swak kwaliteit – my Cybershot het finaal die gees gegee, en my LG chatterbox is nie bekend vir sy kie-kie neem vermoë nie.

pretDraf

Die Saterdag oggend pretdraf. Ek hoor die musiek buite en dink  ‘Hectic, Rittelfees begin vroeg vandag”. Meanwhile was dit ‘n paar die-hards wat om die blok draf. Eindstreep was by WesGemeente Kerk.

OppadGrondeToe

Oppad gronde toe. Relatief naby parkering gekry by die begrafplaas se ingang.

tente_2

Deel van die gees wat in die dorpe heers. Orals staan tente, opblaas swembadjies, vuurtjie brand. Lekker man.

dieToue

Die laaaang tou by die ingang. Kind in ‘n pram het toe sy voordeel. Net so 5 minute gewag toe kry ons ‘n pass na héél voor – bypass sommer ook security checks.

(more…)

Read Full Post »

So het ek Saterdag, 31 Oktober, gaan rittel.  Klik hier vir foto’s

Parkering altyd die teef wat sy is, was ek van plan om sommer by die lab te parkeer – was toe nie nodig nie – het plek gekry by begrafplaas se ingang. Heel naby vir ons standaarde.

Maar die tou by die ingang het nogal ‘n demper op die oggend gesit. Ons val toe maar in en probeer Amelia entertain in die oggend son. Die oke ageter ons se woorde was net koud (Iets in die lyn van hoe kinders by die fees jou inhibeer ). Sal ‘n fees official met hand vol Rittel ingang armbandjies nie verbygestap kom nie en ons kaartjies skeur, armband gee en usher tot heel voor in die tou. Kinders het hul perks. Nee, sy is nie te huur nie.

(more…)

Read Full Post »