Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Rittel’

Oktober beteken net een ding vir Vredendal, Rittelfees!

Alreeds afgeskop met Mej Rittelfees Woensdag aand – kan met trots sê ek het dit nie bygewoon nie, maar die skinder tonge loop al. Nee, Kurt Darren was nie dronk nie, hy het net ‘n grappie gmaak.

Gisteraand het die feesterrein al ge-doef-doef-doef. Ek het amper nie ‘n oog toegemaak nie (Die uwe Rittel eers Saterdag weens verskeie wettige redes). Kan jou verseker dat niemand in die ouetehuis ook vroeg kon gaan slaap nie. 😀 Dozi het glo betower met Ou Ryperd. Ek sweer ek het ‘n paar riffs van The Offspring gehoor, Pretty Fly for a White guy ewe. Maar ondervinding wys dat Afrikaners nie skaam is om engelse geskiedkundige treffers te ver-Afrikana nie (onbedoelde woordspeling verwys na Americana album van TO 8) )

Het paar kiekies probeer neem oppad werk toe – Ja, iemand moet seker maak die hele spul het nie sifilis nie. Maar ek lei aan kranige vinger voor lens sindroom – hier is dus net een ‘Eye- spy’ pic, deur die bome, sonder a telephoto lens, met my foon.

Rittel tente

Rittel tente

Dis die Laerskool sport veld. Tente het gister al opgeslaan soos sampioene. Elke derde ene het ‘n opblaas-swembad – was beslis al voorheen in die Dal. Dis vandag ‘n bekorende 35 grade calcius.

Die gees in die dorp is nie soos vorige jare nie (kan slegs van afgelope 3 praat), maar selfs mense wat langer inwoners is sê ook so. Daar is nêrens plakkate op nie, net die generiese “Coca-Cola Sport terrein dié kant toe” wat op die lamp pale verlep.

Maar vandag voel ek die gees. Jy kan nie help om te voel nie – die diep bas kom op deur die vloer. My dowe kolega voel dit in haar maag. Dis Rittelfees!!

Gaan jy hierdie jaar Rittel?

Advertisements

Read Full Post »