Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘sayings’

Nou nie dat Afrikaans my sterkpunt is nie. Ek het nie eens geweet daar is so ‘n gesegde nie. SkoonPa het dit gesê die naweek toe ons op Meulsteenberg gaan kuier het. (of Meelsteenberg soos die selfoon torings dit het).

Vra Pa ewe of ek weet waar die sê-ding vandaan kom. Nee, ek weet nie.
Jare gelede (ek verbeel my die Groot Trek se dae al) het die ou mense ‘n Gesang gesing wat einde se kant toe die woorde het “Hef Aan, Hef Aan”. Die note is dan hoog en baie sukkel om daar te sing. Dus, die lot wat insit moet laag genoeg insit sodat almal teen die einde kan by hou. Onthou ouens, ‘Hef Aan’ lê nog voor.

Kan nie ophou om nou en dan verras te wees met ons taal se geskiedenis en eiegeid nie.
Dis amper so indrukwekkend soos ‘Begrafnisse en verrassings’ teen die ondernemer se muur. Was glo ‘n paar maande voordat dié foutjie reggestel is.

muti this   add to del.icio.us   digg it   stumble it!      post to facebook      post to twitter

Advertisements

Read Full Post »